Alwyn is in 1985 gebore in Springs. Hy woon tans in Pretoria. Alwyn se passie vir musiek kom al van “Klein tyd’ af waar hy in n familie vol musikante groot geword het. Alwyn is al van skooltyd af in die musiekbedryf en leef sy passie vir sy musiek tenvolle uit. Hy is baie gewild onder sy ondersteuners en ander musikante. In 2007 het hy in verskeie talent kompetisies deelgeneem onder andere, Soek die sanger, Afrikaanse Idols, Supersterre en Klipdrift Idols.Alwyn is beslis n belewenis op die verhoog, sy suiwer stem en lyf swaai vermaak altyd sy gehoor en streef hy daarna om hulle almal op hul tone te hou.Alwyn het al die voorreg gehad om saam verskeie kunstenaars die verhoog te deel namens Zak van Niekerk, Fredie Nest, Billy Forest, Bobby Angel. Barbara Ray,Sally Vaughn, Jody Wayne en Lance James. Vanaf 2012 tree Hy op by Aardklop en Kknk asook ander feeste.2013 was hy deel van die Kersfees skouspel saam met Jannie Moolman, Liza Bronner, Rina Hugo, Jay du Plessis, Alrina de Wit,Ko